Ons skrywers

Besigtig alles

Articles by Marvin Williams

Verenigde doelstelling

Die gestippelde uil is besig om te verdwyn in die VSA. Aanvanklik is gedink dat dit iets met die groei van die uil te doen het, maar navorsing het getoon dat een van die uil se familielede die probleem is. Vir die afgelope 15 jaar het die gestreepte uil weswaarts begin immigreer. Hierdie uile wat oorspronklik uitsluitlik wes van die…

opsporing Van gifstowwe

San Francisco en New York Stad gebruik varswatervisse om vas te stel of daar gifstowwe in hulle watervoorraad is. Hulle vrees dat terroriste moontlik die watervoorraad kan teiken. Daarom word ’n klein aantal varswatervisse in ’n tenk aangehou omdat die visse baie sensitief vir chemiese wanbalanse is. Wanneer daar iets verdags in die water teenwoordig is, toon die varswatervisse ’n…

Voleinders

As kind was dit een van my ideale om ’n swart gordel in karate te verower. Verskeie jare gelede het ek begin oefen om daardie doel te bereik. Maar toe ek nog twee gordels nodig gehad het voordat ek die swarte kon kry, het ek opgehou. Daar was veral twee redes – my afrigter het van styl verander en ek…

Hy Het Ons Las Gedra

Dit is nie ongewoon dat diensterekeninge soms verrassend hoog is nie. Kieran Healy het egter ’n waterrekening ontvang wat ’n mens se hart sal laat staan – ’n bedrag van R1 193 910 200,00! Omdat hy seker was dat hy nie die vorige maand soveel water gebruik het nie, het hy skertsend gevra of hy die rekening in paaiemente kon…

Roep Om Hulp

Ná 5 sterftes en 51 besering in hysbakongelukke in 2016, het New York City ’n advertensieveldtog geloods om mense te leer hoe om kalm en veilig te bly. Die ergste gevalle was te wyte aan mense wat gedink het hulle kan hulself help wanneer iets verkeerd loop. Die beste plan van aksie, het die owerhede gesê, is: “Lui, ontspan en…

Lafenis Op Die Voorstoep

Die agtjarige Carmine McDaniel wou op ’n besonder warm dag seker maak dat hul buurt se posman koel en gehidreer bly. Hy het ’n koelsak vol waterbottels en ’n sportdrankie op hul voorstoep neergesit. Die posman se reaksie is op die gesin se sekuriteitskamera vasgelê: “Genade! Water én Powerade! Dankie, Here! Dankie, julle!”

“Carmine het gevoel dis sy ‘plig’ om…

Deur Die Gees

Wat doen jy as daar ’n berg in jou pad staan? Toe Dashrath Manjhi se vrou sterf omdat hy haar nie betyds by die hospitaal kon kry nie, het hy die byna onmoontlike aangepak. Hy het 22 jaar lank ’n massiewe gat in die berg uitgekap sodat ander dorpenaars betyds by die hospitaal kon kom om die nodige mediese sorg…

’n Nuwe Naam

In die artikel: “Leading by naming,” het Mark Labberton oor die krag van ’n naam geskryf. Ek ervaar steeds die impak van ’n musikale vriend wat my op ’n keer “musikaal” genoem het. Niemand het dít nog van my gesê nie. Ek kan nie regtig ’n instrument bespeel nie. Ek is nie ’n solis nie. Tog ... ek het dadelik…